Koninkryk Alba

Die Koninkryk Alba verwys na die Koninkryk Skotland tussen die dood van Donald II (Domnall mac Causantin) in 900 en dié van Alexander III in 1286. Dit het indirek gelei tot die Skotse Onafhanklikheidsoorloë. Die naam word gerieflikheidshalwe gebruik omdat die elite en bevolking in dié tydperk oorheersend Piktiese Gaele was, of later Piktiese Gaele en Skotse Normandiërs – dit verskil aansienlik van die tydperk van die Huis van Stuart, toe die elite Middelengels gepraat het. Laasgenoemde het ontwikkel in wat nou Laaglandse Skots genoem word.

Daar is geen Gaeliese ekwivalent vir die term "Koninkryk Alba" nie, want die Gaeliese term Rìoghachd na h-Alba beteken "Koninkryk Skotland". Engelssprekende geleerdes het die Gaeliese naam vir Skotland aangepas om na ’n spesifieke Middeleeuse politieke tydperk in die Skotse geskiedenis te verwys.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search